Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 19 JANUARIE 2014

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwese dat die afsterwe van Lodewicus Johannes Brummer, ZS6VIC, op Maandag 13 Januarie 2014 in die ouderdom van 71 jaar aangekondig moet word.

Ons betuig ons innige meegevoel met sy familie en vriende.

(Stilte)

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:
INTECNET ONDERSOEK DIE EFFEK VAN RUIMTEWEER OP RADIOKOMMUNIKASIE
AFRIKAANSE BHF DX MYLPAAL BEREIK
DIE PEARS NASIONALE VHF / UHF-KOMPETISIE IS NOU IN VOLLE SWANG

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

SA AMATEURRADIO ONTWIKKELINGSTRUST KONDIG DIE TONY REUMERMAN BEURSE VIR 2014 AAN

Die Suid Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelingstrust sal vier Tony Reumerman beurse gedurende 2014 aan student en leerders onder die ouderdom van 26 jaar wat vir die Klas A eksamen inskryf en studeer toeken. Elke beurs is R1000 werd en sal die koste van die RAE fooi, die eerste jaar se lisensiegeld en gedeeltelike kursuskoste dek. Indien ‘n kandidaat met ‘n miniumum van ‘n B uitslag slaag sal hy ook die ARRL Basic Antenna boek ter waarde van R350 ontvang.

Twee beurse is vir die Mei eksamen en twee vir die November eksamen beskikbaar. Die sluitingsdatum vir aansoeke vir die Mei eksamen is 10 Februarie 2014. Aansoekvorms en meer besonderhede is beskikbaar by www.amateurradio.org.za

INTECNET ONDERSOEK DIE EFFEK VAN RUIMTEWEER OP RADIOKOMMUNIKASIE

Sluit op Dinsdag 21 Januarie 2014 om 19:30 by Dr Pierre Cilliers vir die eerste INTECNET van 2014 aan. Pierre is navorsingsfisikus by die Ruimtewetenskapdirektoraat van die Suid Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap (SANSA). Let op die nuwe dag van die week waarop Intecnet plaasvind, dit skuif van ‘n Sondag na ‘n Dinsdagaand.

Herhalers te Kaapstad, Port Elizabeth en Durban sal gekoppel wees. Die net sal ook op echolink en 3718 kHz gedra word. Na die aanbieding sal ‘n vraag-en-antwoordsessie volg.

Die PowerPoint aanbieding sal op www.sarl.org.za beskikbaar wees. Kies Amateur Radio Today en volg die skakel.

SKOLE EN UNIVERSITEITE GENOOI OM VOORLEGGINGS TE MAAK VIR OPVOEDKUNDIGE DRAVRAG OP KLETSKOUS

Die South African Amateur Radio Satellite Association, SA AMSAT, nooi skole en Universiteite om voorleggings te maak vir opvoedkundige projekte om ingesluit te word by hul Kubussatelliet wat tans ontwikkel word.

SA AMSAT bou ‘n klein satelliet met ‘n 20 kHz transpondeerder om aan amateurradioentoesiaste die geleentheid tot ruimtekommunikasie te bied. Hannes Coetzee, die projekleier het gesê: "We believe this is an ideal opportunity to include an educational project that will be of interest to learners to promote Science and Technology based activities" en vervolg:

"Space is a magical subject and attracts the attention of many young people even those who may not have shown an interest in science as a subject at school or as a past time. Combining Amateur Radio with Space doubles the attraction."

"While the satellite will carry a telemetry beacon which report on the health of the satellite and provides interesting opportunities for learners to acquire more knowledge about space, we believe that a student designed project will add the additional magic."

Voorleggings vanaf skole en Universiteite word ingewag. Die interessantste voorlegging sal vir insluiting oorweeg word. Oorspronklikheid en die belangstelling wat dit van jongmense sal wek as dit uit die ruimte opereer sal as van die kriteria dien.

Hannes vervolg: "It should also be noted that the project needs to be small enough to fit in with the rest of the equipment of the 10x10x10 cm CubeSat and draw as little as power as possible."

"I believe this an ideal opportunity for a school's science club to take a project into space and to be able to monitor information about their project included in the spacecraft telemetry string."

Voorstelle moet so volledig moontlik gedokumenteer word en per e-pos aan SA AMSAT gestuur word by saamsat@intekom.co.za. Die sluitingsdatum vir voorleggings is 28 Februarie 2014.

AFRIKAANSE BHF DX MYLPAAL BEREIK

In Desember het Suid-Afrikaanse BHF DX 'n mylpaal bereik to Jan Pienaar ZS6OB vir sy DXCC-toekenning aansoek gedoen het met net kontakte in die tweemeter-band. Jan is die eerste amateur in Afrika en die tweede in die suidelike halfrond om hierdie prestasie te bereik. DXCC word deur die Amerikaanse Radioherleiliga vir bewese kontakte met ten minste 100 eenhede op 'n lys uitgereik. Meeste van hierdie eenhede is lande, met 'n paar byvoegings wat as afsonderlik beskou word, meestal weens geografiese redes.

Meer as twee derdes van tweemeter-DXCC-houers is in Europa, met hulle byna 70 lande in die nabyheid. Noord-Amerika bevat omtrent 'n vyfde van aansoekers, met omtrent 'n tiende in Japan. ZL3TY was die eerste in Australasië en in die suidelike halfrond, met ZS6OB die eerste in Afrika. Suid-Amerika het nog nie 'n wenner opgelewer nie.

Jan het syfermodusse met 'n vier-Yagi-stasie gebruik. Hy werk al vir 'n dekade aan sy DXCC. Sy enkelband-toekenning bring die aantal bande waarop Suid-Afrikaners DXCC verwerf het op elf te staan. Jan meld dat 'n paar Suid-Afrikaners aan dieselfde prestasie op 430 MHz werk, maar dat almal nog ver van klaar af is. Nog net drie stasies het hierdie band oorwin, en almal van hulle is in Europa.

LIGANUUS

BHF-HERHALERS IN MPUMALANGA

Frik ZS6FZ, die BHF bestuurder van die SARL, het Piet Badenhorst, ZS6G, aangestel om 'n verslag op te stel ten opsigte van die stand van amateurradio-herhalers in Mpumalanga nadat Piet aangebied het om hierdie taak te onderneem.

Piet versoek dat alle klubs en individue in Mpumalanga wat betrokke is by amateurradio-herhalers of inligting het rondom herhalers, hom per e-pos moet kontak en die besonderhede aan hom verskaf. Na voltooing van die veslag sal die SARL met die belanghebbende partye kommunikeer om die uitbreiding van die herhalernetwerk in Mpumalanga te bespreek. Die volgende is die inligting wat benodig word:
. Die herhaler se ligging (koördinate waar moontlik);
. Die frekwensie;
. Die herhaler se uitsetdrywing (indien beskikbaar);
. Die herhaler se lisensienommer (indien beskikbaar);
. Verantwoordelikke klub/organisasie;
. Kontakbesonderhede van die klub if organisasie;
. Inliging oor enige UHF skakels tussen die herhalers;
. Enige ander inligting met betrekking tot die herhaler wat nuttig sal wees.

Inligting moet so gou doenlik gestuur word aan Piet, ZS6G, by e-posadres mprepeaters@gmail.com met 'n afskrif aan repeaters@sarl.org.za

KLUBNUUS

PRETORIA AMATEUR RADIOKLUB MEGA VLOOIMARK 1 FEBRUARY 2014

Die eerste ZS6PTA Mega Vlooimark vir 2014 word op Saterdag 1 Februarie vanaf 08:00 tot 11:00 by die Pretoria Motor Klub in Silverton gehou. Almal is welkom om dit by te woon. Vir meer inligting of om 'n tafel te bespreek, kontak Johan, ZS6JHB, by 079 333 4107.

OOS RAND RADIO KLUB VLOOIMARK

Oos Rand Radio Klub Vlooimark 1 Februarie 2014 Bring alles wat jy nie meer wil he nie en kom verkoop dit, of kom kyk rond weet weet, miskien kry jy wat jy nodig het. Vir die wat honger is sal daar boerewors rolle wees asook vir die wat dors is koeldranke.

Dit vind plaas 1 Februarie 2014
Begin om 12H00 tot om en by 16H00
Te Arrowe Park
Ebenezer straat
Benoni

Vir verdere inligting Kontak vir Hennie, ZS6RHL, 0833803334. Om n tafel te bespreek kontak Judy 0797302030

KOMPETISIENUUS

DIE PEARS NASIONALE VHF / UHF-KOMPETISIE IS NOU IN VOLLE SWANG

Die VHF / UHF kompetisie sal vandag, Sondag om 14:00 SAT eindig. Wend 'n poging aan om op die VHF bande te kom en gee die deelnemers 'n paar punte. Jy kan selfs die opwinding van die maak van 'n lang afstand kontak self geniet. Daar is vyf bande om van te kies - VHF 50 , 70 en 144 MHz en UHF 432 en 1296 MHz. Wees op die uitkyk vir die Rover-stasies wat kan spring van 'n hoë plek en ruitblok na 'n ander. Geniet die kompetisie en hou BHF aan die lewe in Suid-Afrika !

DIE SOMER QRP KOMPETISIE

Die QRP kompetisie is bedoel om 'n prettige aktiwiteit te wees en QRP werking tussen radio amateurs te bevorder. Die gebruik van selfgeboude toerusting of om as 'n draagbaar / veld stasie en van tydelike antennas te gebruik word aangemoedig, maar is nie 'n vereiste .

Die kompetisie loop vanaf 12:00 UTC tot 15:00 UTC op Saterdag 25 Januarie en die eerste uur is beperk tot slegs die 40 m band, die oorblywende twee uur is deelnemersdie vry om enige HF (nie-WARC) bande te gebruik as hulle goeddink. Gebruik asseblief die kompetisie segmente, soos uiteengesit in die Algemene Reëls. Dit sal voordelig wees om die standaard QRP roep frekwensies te gebruik as die beginpunt.

Die uitruiling is 'n RS(T) verslag en jou ruitblok. Elke kontak tel 1 punt . Daar is 'n voorvoegsel / land vermenigvuldiger en 'n stasie tipe vermenigvuldiger. Die sluitingsdatum vir jou log is 1 Februarie en jy word versoek om 'n foto(s) van die stasie (in JPG -formaat) in te sluit. Stuur jy log aan contest@sarl.org.za

DIE ANTIEKE DRAADLOOSVERENIGING GG AKTIWITEITSDAG

Die doel van die CW aktiwiteitsdag is vir die deelnemers om soveel amateurs te kontak as moontlik op die 20, 40 en 80 m amateur bande. Die geleentheid vind plaas tussen 10:00 UTC op Saterdag 1 Februarie en 10:00 UTC op Sondag 2 Februarie.

Die frekwensie om te gebruik is 14 000 - 14 060 kHz , 7 000 - 7 040 kHz , 3 510 - 3 560 kHz en jy kan deelneem in een van vier kategorieë - Enkeloperateur Alle Bande, laekrag , b ) Enkeloperateur Alle Bande, QRP, c) Enkeloperateur Enkelband, laekrag of d ) Enkeloperateur Enkelband, QRP.

Die uitruiling is 'n RST verslag, operateurs naam en ruitblok. Kontake tel 1 punt vir lae-krag en 2 punte vir QRP. Logs moet yeen 17 Februarie ingedien word by andyzs6ady@vodamail.co.za


HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Geeneen van die sonvlekke wat van die aarde af sigbaar is huisves genoeg energie vir ernstige sonfakkels nie.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 60.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


DAGBOEK VAN GEBEURE

19 Januarie - PEARS Nasionale BHF/UHF Kompetisie
21 Januarie - Laaste dag vir voornemende paneelsprekers om hul kontakbesonderhede te stuur aan youthweek2014@sarl.org.za
25 Januarie - SARL Sommer QRP Kompetisie
31 Januarie - Laaste dag vir inskrywing van amateurvideo.
31 Januarie - sluitingsdatum vir nominsasies vir SARL Raadslede en mosies vir die AJV
28 Februarie - Sluitingsdatum vir Jeug Opstelkompetisie
15 Maart - Laaste dag vir instuur van voorstelle vir voorleggings vir die 2014 SA AMSAT Ruimtesimposium aan saamsat@intekom.co.za

Die 2014 SARL Dagboek van Gebeure is op www.sarl.org.za. beskikbaar vir aflaai. Kry 'n afskrif en hou dit handig in jou radiokamer.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vertalings, saamstelling en redigering deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003